enafzh-CNzh-TWnlfrdeelhiptrustsoesswxhzu

Welcome to Bronberg Landgoed

Bronberg Landgoed op die hoek van Graham- en Boschkopweg in Pretoria, bied die ideale fasiliteite vir ‘n onvergeetlike bruilof, doeltreffende konferensie en etes uit die boonste rakke. Hulle restaurant vier die eienskappe van tradisionele cuisine wat perfek met plaaslike  wyn gepaard gaan. Eg Suid-Afrikaanse geregte soos skaapkop, Weskus afval, skaapstertjies en vele ander word in ‘n gesellige atmosfeer geniet.  Daarby bied die nuwe Kompanjie koffiewinkel ‘n wye reeks koffies en ‘n delicatessen-styl spyskaart.

Bronberg Landgoed waarborg  ‘n droombruilof met ‘n ruim bruilofsaal wat gemaklik 120 gaste akkommodeer of ‘n kleiner een met plek vir tot 50 gaste. ‘n Kapel met karakter in ‘n kleurvolle tuin dra by tot die betowerende atmosfeer. Die Landgoed behartig ook tuintroues en voorsien graag die tema, kleure, décor en spyskaart, indien verlang, tesame met flinke diens. Vir konferensies, vergaderings en voorleggings is daar ‘n privaat ruimte met professionele diens vir konferensiegangers. Of jy nou ‘n smaaklike ete, ‘n skitter-bruilof of ‘n winsgewende konferensie beplan, Bronberg Landgoed bied die beste van alles in sy elegante Kaaps-Hollandse styl.

Amanda Thomas

By Bronberg Restaurant vertel ons die storie van kos en wyn. Met noukeurige navorsing het ons die herkoms van al ons geregte op ons spyskaart vasgestel, en ons is trots om die erfenis met ons gaste te deel.

  076 4526 182
  restaurant@bronberglandgoed.co.za
www.bronbergwynlandgoed.co.za

Stay Connected on:

Bronberg Restaurant

Events @ Weiveld

Lekker kuier en langarm in Pretoria. Kunstenaars tree ook van tyd tot tyd op. Informasie en kaartjies vir optredes beskikbaar by Ticketpro.co.za.

076 452 6182
bookings@weiveld.co.za
www.weiveld.co.za

Stay Connected on:

Events @ Weiveld
 

@ the Beach

@ The Beach - Pretoria se opwindende nuwe ‘strandkuierplek’ by die gewilde Weiveld perseel in die Ooste van Pretoria. @ The Beach is aan die voorpunt van internasionale tendense. Onder palmbome en seesand as deel van die voorkoms, word ‘n unieke atmosfeer geskep waarin almal kan wegbreek ná ‘n besige week, ontspan en werklik “unwind”. Kuiertyd is Vrydae en Saterdae vanaf 11:00 tot laat, met ‘n verskeidenheid seekosse en cocktails. Sondae is Familiedag. Kinders is ook baie welkom op Vrydae en Saterdae tot 18:00 en heeldag Sondag

078 010 4276
bookings@iatthebeach.co.za
www.iatthebeach.co.za

Stay Connected on:

@ the Beach
 

Contacts

For General Information about the Resturant/Coffee Shop or Event, including bookings, please contact us at:
 info (@) bronberglandgoed.co.za |   +27 076 4526 182 |   +27 086 6946 899 |  Plot 49 - Zwavelpoort - cnr Graham Road